Local newsNewsStreeknuus

Delmas Moedergemeente hou plaas kuier-en-proe fees

Met die koektafels gelaai met vars gebak, heerlike koek, beskuit, terte en vele meer, was geen soettand teleurgestel nie.

Daar was lekker gekuier en geproe tydens die plaasfees aangebied deur die NG Moedergemeente op Delmas. Dié fees het op 1 Maart by die kerk plaasgevind en al wat leef en beef was daar om die pretdag te geniet.

Riverfields se Manie en Mandi van As het gesorg vir ’n vrolike atmosmeer met hul lewendige musiek- en sang. By die teetuin was daar koffie- en tee te kies en te keur, net reg om die koel Sateroggend mee af te skop.

Met die koektafels gelaai met vars gebak, heerlike koek, beskuit, terte en vele meer, was geen soettand teleurgestel nie.

Die ‘poeding stalletjie’ het die kersie op die koek geplaas. Wat sou ’n tradisionele kerkbasaar dan nou ook wees sonder kerrie-en-rys, pannekoek, skaap swarma’s en boerworsrolle?


Ds Izak du Toit en Lizette Lourens.

Vir die jongklomp was daar ’n mallemeule, springkasteel en vele meer.

In tipiese Delmas tradisie het die plaaslike skole en kleuterskole se pom-poms ook weer, op die maat van vrolike musiek, die feesgangers vermaak.

Die Delmas Gimnastiekklub het ook ’n paar van hul grasieuse toertjies op die mat uitgevoer.

Delmas Bybel Joernaal het hul kreatiewe Bybels op uitstalling gehad en verder was daar ook vellies, klere en juwele te kies en te keur – iets vir elkeen se smaak.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button